Boeke

Dr Willem Nicol, bekende skrywer, se nuwe boek Verby ons Gedagtes is hier! Hy is ook die skrywer van Genooi om te volg, Oop vir die Oomblik, Gegryp deur Christus, In die Hande van die Pottebakker, Gebed van die Hart, ‘n Dieper Dors en vele meer.

Meer omtrent die boek:

Verby ons Gedagtes handel oor prentjies van God.

Ons huisves almal prentjies van God in ons agterkop. Hulle is veral in ons kleintyd gevorm. Party van hulle is goed, vermenslikend, maar ander is nadelig, ontmenslikend. Dis goed dat ons ons eie prentjies leer ken en redigeer. Daarvoor moet ons mooi na die Bybel luister.

Twee voorbeelde: Daar is harde idees oor God in omloop, en as ons ons oopstel, sien ons dat Jesus gekom het om dit reg te stel. Daar is ook baie beperkende voorstellings van God onder ons. Daarom moet ons ernstig praat oor sy alomteenwoordigheid, oor hoe ons Hom in alle dinge en ervarings behoort te sien.

Die boek kan by Bybelmedia bestel word. Hulle lewer flink af:

E-pos: laetitia@bmedia.co.za

Telefoon: 0860 26 33 42

E-winkel: www.bybelmedia.co.za

Daar is ook ‘n Bybelstudieboek beskikbaar, wat veral geskik is vir gebruik in groepe.