Oop vir die Oomblik Jaarkursus:
Aanbieding 12: Ekkigheid
Aanbieding 11: Ekkigheid
Aanbieding 10: Aanvaarding
Aanbieding 9: Aanvaarding
Aanbieding 8: Verhoudings
Aanbieding 6
Powerpoint deel 6 sonder video’s
Aanbieding 5
Aanbieding 4:
Aanbieding 4 teks: Sintuie (Dit laai sommer outomaties af)
Powerpoint aanbieding 4 (5o mb) sonder videos
Tekste vir die Pelgrimstog deur Paastyd
Praktiese Riglyne vir Bewus leef en Dag van Bewus leef
Aanbieding 1: Video
Skakels na Powerpoint:
Aanbieding 1: https://www.dropbox.com/s/6aaucpgmw02zkfx/Kursus_Oop_Oomblik1_sonder_videos.pptx?dl=0
Aanbieding 2: https://www.dropbox.com/s/977er8l4tby0rer/Kursus_Oop_Oomblik2_Bybel%26Liggaam_sonderVideo.pptx?dl=0
Aanbieding 3: OEFENINGE VIR DIE VYF WEKE VAN 11 FEBRUARIE TOT 17 MAART
Daar gaan nou vyf weke verloop voor ons volgende byeenkoms. Die manier waarop jy teenwoordigheid in hierdie vyf weke oefen gaan bepaal hoe jou pad hiermee vanjaar loop. Ons dink dis uiters belangrik dat jy beweging in jou bewussyn moet kan geniet in hierdie vyf weke, dat jy op nuwe plekke proe aan die wonderwêreld van teenwoordigheid.
Daarom volg hier uitnodigings oor wat jy in elkeen van die vyf weke kan doen. Die terrein is so glibberig dat ons hulle eenvoudig en konkreet hou. Jy is welkom om hulle vir jouself aan te pas, maar dan stel ons voor dat jy dit vir jouself vas en duidelik maak deur in jou dagboek te skryf wat jy elke week beplan.
EEN OEFENING WAT TELKENS GAAN VOORKOM, IS DIE UURGLAS. DIT LYK SO:
As jy dit taamlik uitgebreid doen, kan jy omtrent 3 minute daarvoor gee. Dit kan ook korter gedoen word. Dit bestaan uit die volgende vier stappe:
- Sit gemaklik en vra jouself af wat nou die belangrikste in jou kop is, dws op die skerm van jou aandag. Merk dit net op. “Just noticing.” Jy dink aan die volgende wat gedoen moet word, of aan iets waarna jy uitsien of oor bekommerd is of jy merk ’n geluid op of voel iets in jou lyf of wat ook al.
- Laat jou aandag vernou (soos ’n uurglas vernou) om net ’n rukkie by jou asem te rus. Moenie al die aspekte van jou asem probeer waarneem nie, maar fokus net op wat nou die naaste aan jou is. Jou aandag sal afwaal, en dan bring jy dit net weer sagkens terug na jou asem. Voel dit net.
- Verwyd nou weer jou aandag (soos ’n uurglas) om jou hele lyf te voel, van onder tot bo by jou gesig, hoe jy sit, hoe jy liggaamlik voel. (As jy enige ongemak of pyn êrens optel, kan jy jou aandag daarheen neem met die gedagte dat jy dit met aandag salf. So maak jy vriende met die sensasie sonder om dit te weerstaan.)
- Open jou aandag nou verder tot by die Wye Ruimtes van die Here se aanwesigheid by jou. Jy is nie alleen nie.
DIE TWEE UITNODIGINGS VIR AL VYF DIE WEKE.
Dis eintlik vir elke dag, maar as jy ten minste vier keer per week daarby uitkom, is dit ook goed.
- Kies enige tyd van die dag wat vir jou geskik is, sonder jou af en:
- Kom tot rus op jou stoel met die uurglas-oefening of enigiets anders wat dieselfde uitwerking het.
- Rus vir 5 minute of meer by die Here met die manier van gebed van die hart of ’n ander manier van kontemplatiewe gebed wat vir jou werk. Jy kan die tyd hiervoor gerus verleng namate jy deur die loop van die vyf weke daaraan gewoond raak.
- Kom êrens in die loop van die dag tot stilstand met behulp van die uurglas-oefening of iets anders wat jou help om tot stilstand te kom.
’N BYKOMENDE UITNODIGING VIR ELKEEN VAN DIE VYF WEKE AFSONDERLIK
WEEK 1 (van 11/2)
Doen iets makliks wat jy nooit of byna nooit doen nie.
Voorbeelde:
Werk in die tuin deur iets te plant of onkruid uit te trek of nat te gooi of gras te sny of so iets.
Maak koper of silver blink.
Vee of hark.
Verf iets.
WEEK 2 (van 18/2)
Drink ten minste een keer per dag iets met soveel aandag as wat jy op ’n ontspanne manier by die drink-ervaring kan bring.
WEEK 3 (van 25/2)
Eet ten minste een keer per dag vir ’n paar minute met soveel aandag as wat jy op ’n ontspanne manier by die eet-ervaring kan bring.
WEEK 4 (van 3/3)
Geniet ten minste vier keer in die week ’n stukkie kuns met volle aandag. Jy luister na ’n lied of ander musiek sonder om enigiets anders te doen, of jy drink ’n skildery in, of jy lees ’n gedig. Kuns wat vir jou bekend is, kan goed werk, ook herhaling.
WEEK 5 (van 10/3)
Laat hier en daar, ten minste een keer per dag, jou volle aandag in die aksie van jou loop indaal. Al is dit net ’n kort endjie in jou huis. Kyk waar voel jy jou loop die maklikste, by jou tone of hele voetsool of in die beweging van jou bene of waar ook al.
Kliek hier om ‘n Volledige Stiltetyd af te laai.