Retreats

STILWORD NAWEEK OP PACEM: Kom spandeer tyd in die natuur en verdiep jou verhouding met die Here.

Elke persoon slaap in sy/haar eie kamer.

Datum: 2-4 Junie 2023

Koste: R800,00 p/p (2 etes per dag, vervoer uitgesluit)

Plek: Pacem Retreat – Modimolle

Vertrek tyd: 15:00-16:00

Kontak: Karina Oosthuizen 0769200336 of info@pacemretreat.co.za

Willem Nicol lei vanjaar die volgende naweekretreat, asook ’n vierdag stil begeleide retreat. Albei loop gou vol.

NAWEEKRETREAT:

Datum: 13-15 Oktober 2023

Tema: TOT VRYHEID GEROEP. Die brief aan die Galasiërs.

Plek: Origins naby Krugersdorp

Koste vir die naweek is R1460 (enkel), R1180 (deel met 1 persoon), R940 (slaapsaal).

Dit sluit in jou verblyf, beddegoed en al die etes vir die hele naweek (nie handdoeke nie).

Bespreek met die skakel:

https://mosaiek.churchcenter.com/registrations/events/1539218

Betaal asseblief per EFT (ons wil nie graag kontant hier ontvang nie)

Bankbesonderhede:

Mosaiek

ABSA Cresta

Rekeningnommer: 01009131686

Takkode: 632005

Verwysing: SP010 en jou naam en van

•E-pos asseblief die bewys van betaling en jou selfoonnommer na Annette Rheeder by: retreats@mosaiek.com

(Die banke se bewys van betaling kom nie altyd by Annette uit nie)

STIL BEGELEIDE RETREAT

Datum: 6-10 NOVEMBER 2023

Plek: Origins

Plek vir net 6 bywoners.

Jy is die hele week in stilte, behalwe vir een gesprek per dag met jou begeleier.

Ons aanbid driemaal per dag in die Poustinia.

Die hoofmaal vir 4 dae is ingesluit plus verversings vir elke oggend. Ons bring dus ons eie ontbyt en aandete. Daar is genoeg yskaste. Ons kom teen 10:00 by Origins aan op die Maandag, en ry Vrydag teen 12:00.

Die koste vir ‘n blyplek in ‘n enkelkamer is R3410. Ons bly nie 2 saam in ’n kamer nie.

Die koste vir ‘n taamlik private hok in die slaapsaal is R2410. (Ons neem net 2 mans en 2 dames in die slaapsale.)

As jy wil inskryf:

Laat my weet by wnicol@mweb.co.za en sê of jy vir die slaapsaal vra of vir ’n enkelkamer. Ek sal jou sê of daar  nog plek is. Indien wel, betaal R500 deposito in die volgende rekening:

ABSA, W Nicol, tjekrekening 540 590 427

merk die betaling soos volg: Retreat Nov + jou van en voorletters

Stuur dan die bewys van betaling vir my by wnicol@mweb.co.za

Betaal die res voor 31 Oktober.

Vir kontrole sal ’n staat van die inkomste en uitgawes vir die retreat, sodra dit verby is, vir alle bywoners gestuur word.