Stefan Stassen

Spirituele begeleiding vir my is om te luister, luister, luister en dan om nuuskierig maar respekvol vrae te vra. Ek wil graag jou lewenspad as getuie leer ken en jou ook help om te verstaan. Dinge wat my inspireer is God se skepping: die natuur, stilte, die uniekheid van elke mens. My gunsteling manier van begeleiding is om rustig (binne of buite) saam te kuier en te gesels/uit te vra oor jou lewe en jou belewenisse daarvan.

Taalvoorkeur: Afrikaans

Ligging: Meyerton

Kontak Stefan Stassen