Geestelike begeleiding is een van die waardevolste geloofsgewoontes, of geestelike dissiplines, vir Christene deur die eeue. Deur begeleiding word jy herhaaldelik uitgenooi om die werklikheid van jou lewe in die oë te kyk. Dit is in hierdie werklikheid waar jy God ontmoet.

‘n Geestelike begeleier is ‘n persoon met wie jy kan gesels oor alle aspekte van jou lewe en, wat ‘n getuie is van jou lewe en jou pad met God. Die geestelike begeleier help jou om verantwoordelik en getrou te bly met jou geestelike dissiplines en lei jou om raak te sien waar God teenwoordig is in jou lewe. Die begeleidings proses fasiliteer uiteindelik ‘n dieper verhouding met God.

Die volgende persone is beskikbaar as Geestelike Begeleier:

Alumni Begeleiers:

  • Adriaan van der Colf
  • Annalena Theron
  • Christa van Onselin
  • Christo Louw
  • Cornel du Plessis
  • Daan de la Ray
  • Dalien Pedro
  • Derrick Claasen
  • Dewald Davel
  • Jannie Richter
  • Johan van Niekerk
  • Louna Marx
  • Mathilda Angus